• Print

A note from your secretary

DustbinHi ouens, dis julle vriendelike tannie hier. Wil net onder julle aandag bring dat ek en die skoonmaker gereeld goed optel op die bane. Julle moet asb nie huiwer om te kom vra as julle iets verloor het nie. Al is dit iets so klein soos ‘n body clip of ‘n grub screw, kom vra gerus.  Daar is al selfs ‘n beursie opgetel.(in hierdie geval is dit leeg by my ingedien).

Dan wil ek ook mooi vra dat julle so ‘n bietjie meer konsidererend moet wees met die netheid van jul ‘spot’.  Daar is ten minste 10 vullisblikke, klein en groot, op die terrein. Tog moet ek elke week loop en peel-off’s optel van jul kar nommers, en die verpakking van jul spares, soos van jul glow plugs. Waarom kan leë plastiek 500ml bottels nie sommer reguit asblik toe gaan nie, dan hoef jy nie later te buk om dit op te tel nie? Ek vertrou dit gaan nie nodig wees om weer te vra nie..ons mense kan mos saamwerk, of hoe?

For our English speaking visitors: short and sweet: DO NOT LITTER!!!!!
If you have lost something on or at the track, please do not hesitate to come and ask for it at the control office.